DIE TIEN GEBOOIE VAN SUKSESVOLLE INTER-PERSOONLIKE VERHOUDINGS
- Praat met mense.
- Glimlag met mense.
- Luister na mense.
- Gebruik en onthou mense se name.
- Wees vriendelik en hulpvaardig.
- Wees warm en opreg.
- Toon belangstelling in ander mense.
- Komplimenteer ander.
- Besin oor en respekteer mense se gevoelens en menings.
- Toon begrip en aanvaar mense soos hulle is.
ENKELE PRAKTIESE WENKE
Mense reageer baie positief teenoor:
• ‘n Vriendelike glimlag. • ‘n Opmerking, vraag of kompliment waar of wanneer julle ontmoet. Dit wys dat jy omgee. • ‘n Fisiese aanraking, afhangende van die soort verhouding tussen julle. Hierdie kwessie moet omsigtig hanteer word. • Kommunikasie deur middel van ‘n kort briefie, of kaartjie, tydens siekte, hartseer, geluk of wanneer sukses behaal is. • ‘n Apologie, indien jy fouteer het, of die persoon afgeskeep het. Die nut daarvan kan troos wees in hul omstandighede.
[shareable]Onthou, dit gaan altyd oor die ander persoon, nie oor jou nie. Vra jouself altyd af: Sal ek my probleme, bekommernisse, vrese of drome, deel met ‘n ander soos ek? Hoekom? Hoekom nie?[/shareable]
Om suksesvol in menseverhoudinge te wees, moet dit vir die persoon moontlik wees om jou te vertrou, hul gedagtes met jou te deel. Om vreesloos hom-/ haarself te wees in jou teenwoordigheid en om jou (tydelik) as ‘n hulp te gebruik, indien nodig, ten einde op sy / haar eie aan te beweeg.
Blessings,